STELLENBOSCH. – Zurenah Smit en Derek Sait het vanoggend in die landdroshof op Stellenbosch verskyn op aanklag van diefstal en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
Die twee word hiervan aangekla na dit aan die lig gekom het dat die twee 9mm-pistole wat glo Vrydag in Sait se huis gevind is, vuurwapens is wat vermoedelik in November verlede jaar uit Stefan Smit se kluis gesteel is.
Dié nuwe saak is tot 23 Desember uitgestel.
Stefan Smit is op 2 Junie verlede jaar drie keer geskiet en is op die toneel dood.
Zurenah is Maandag in hegtenis geneem na sy haarself by die polisiekantoor op Stellenbosch gaan oorgee het. Die polisie het haar gesoek omdat sy vermoedelik die baasbrein agter haar man se moord was.



