As jy vir enige bejaarde vrou vra oor raad vir jou gesig, sal sy sê om jou vel soveel as moontlik teen die son te beskerm.
Om ouer te raak, is een van die dinge in die lewe wat niemand kan vryspring nie. Wat jy wel kan doen, is om jou vel te versorg en te beskerm. Baie geniet dit om vir lang periodes in die son te lê. Sommige mense sal selfs olie aansmeer wat hulle vinniger laat bruin word.
Veroorsaak pigmentasie
Ons besef nie altyd dat die son nie goed vir ons velle is nie. Te veel blootstelling aan die son veroorsaak pigmentasie, wat bruin vlekke is wat hoofsaaklik op die gesig voorkom.
Velkanker is ’n meer ernstige oorsaak van te veel blootstelling. Vermy dus die son tussen 10:00 en 16:00. Smeer altyd ’n sonskerm met ’n SPF 15 of hoër aan, veral aan jou gesig.
Volg FiND iT hier.



