Amor Vittone (48), sanger, aktrise, werklikheidster, TV-persoonlikheid en eks-vrou van die wyle, Joost van der Westhuizen, in lewe Springbok-kaptein, het hierdie week haar ontwerpersrokke en klere teen weggeepryse opgeveil. Onder andere het sy ook die tokse waarin Joost sy laaste wedstryd gespeel het, op die veiling gesit.
Rokke en klere met bekende ontwerpershandelsmerke soos Marc & Michael, het vir so min soos R200 tot R300 gegaan. Selfs ’n trourok is vir slegs R800 opgeveil.
’n Presentasie van die fondse is aan ’n instituut vir gehoorgestremde geskenk.




