‘Verkragtingsvideo’ nie só bedoel nie

Nadat ’n TikTok-video, waarin ’n man sê vroue moet hulleself nie jammer kry as hulle verkrag word nie, soos ‘n veldbrand versprei het en groot opskudding veroorsaak het, het Nardus van Staden aan FiND iT gesê die video het die verkeerde indruk by kykers geskep. Dis glad nie wat hy bedoel het nie.

Het nie veralgemeen nie

“Ek het nie veralgemeen en bedoel alle vroue nie. Die punt wat ek probeer maak het, is dat sekere vroue op TikTok self baie skraps aantrek en in snaakse posisies hulleself ‘adverteer’. Ek het slegs bedoel dat hierdie gedrag die aandag van die verkeerd persone kan lok.”

Hy het voortgegaan om te sê in die hitte van die oomblik het sy video baie kras voorgekom en hy het menige male om verskoning daarvoor gevra. Hy het ook ’n reeks ander video’s op TikTok geplaas waarin hy verduidelik wat hy bedoel het. “As ek kon keer dat geen vroue ooit weer verkrag word nie, dan sal ek dit doen. Ek wens ek kon al die seer wegvat van vroue af wat reeds verkrag is.”

Aktivis praat oor implikasies

Leilani Kuter (46), ’n aktivis teen verkragting, wat self 28 jaar gelede ’n slagoffer van ’n wrede verkragting toe sy net 18 jaar oud was, sê Van Staden besef nie die implikasies van die video nie. “Die video is ver versprei en baie slagoffers het dit gesien. Dit het ou wonde oopgekrap. Baie van die vroue met wie ek werk, was bitter ontsteld en histeries.”

Video glo ge-edit

Van Staden hou ook vol die video wat rondgestuur is, is nie die volledige video nie en net die slegte dele is gebruik. Die video is sedertdien deur TikTok verwyder.

Van Staden het menige video’s gelaai waarin hy sy standpunt verduidelik en om verskoning vra. Dié  video’s is ook verwyder.

Lees die vorige berig hier.

Jy kan die video’s hier sien:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: