’n TikTok-gebruiker @OnlyGangKing, met die naam Nardus van Staden, het binne ’n paar uur groot opskudding veroorsaak toe hy ’n TikTok-video plaas waarin hy sê vrou moenie hulleself jammer kry as hulle verkrag word nie. Hy sê ook in die video dit is omdat vroue rokke dra.
Menige verbruikers van die toep het hulle afsku oor die video uitgespreek deur video’s van hulle eie te maak. Sommige van hulle het gedreig om hom by te kom.
Honderde mense het ook kommentaar gelewer.
Van Staden het ‘n video geplaas waarin hy om verskoning vra en gesê daar is twee kant waarvandaan mens die saak kan sien.
Die video waarin hy sê verkragting is vroue se skuld is verwyder.
Kyk die verskoning video hier: https://vm.tiktok.com/ZSt5415b/



