Nasionale kommissaris van polisie toets positief vir die virus

Deel hierdie storie / Share this story

Die nasionale kommissaris van die Suid-Afrikaanse polisiediens, genl. Khehla John Sitole, het pas verneem dat hy positief vir Covid-19 getoets het .

Sitole toon in hierdie stadium geen tekens of simptome van die virus nie.

Intussen is lt.-genl. Sindile Mfazi aangestel om tot verdere kennisgewing as nasionale kommissaris op te tree.

“Ek het ook al verskeie ander toetse ondergaan en my dokter is tevrede dat dit nie vir my nodig is om in die hospitaal opgeneem te word nie. In plaas daarvan het hy sekere vitamiene voorgeskryf en beveel dat ek my dadelik vir minstens tien dae lank moet afsonder,” het Sitole gesê.