WITBANK. – Die ouers van ’n doodgebore baba kon nie die baba se liggaam kry nie, omdat dit uit die hospitaal verdwyn het.
Geboorte skenk
Dumisani Malamul, die woordvoerder van die gesondheidsdepartement, sê die ma was bewus daarvan dat sy op 11 Desember aan ‘n dooie baba sou geboorte skenk.
Verkeerde liggaam
Die liggaam van die baba moes oor die naweek by die hospitaal gehou word. Die ouers het die Maandag na die hospitaal teruggekeer, op soek na die liggaam. Volgens Malamul kon die personeel van die hospitaal nie antwoorde gee oor waar die baba is nie. Die ouers is versoek om die volgende dag terug te keer. Malamul sê hulle het die Dinsdag weer na die hospitaal gegaan, maar ’n verkeerde liggaam is toe aan hulle gegee.
Volg FiND iT hier.



