September 16, 2021

Covid-19 en die waarheid agter die entstof

Foto: Unsplash

Baie mense glo dat Covid-19 en die entstof wat daarvoor ontwikkel is, ’n klug is en dat daar ander redes is vir die ontwikkeling van die entstof as net om ’n einde aan Covid-19 te maak.

Hier is ’n paar algemene teorieë oor die Covid-19-entstof en wat kenners daaroor te sê het.

Die entstof bevat ’n mikro-tjip

Die idee van dié teorie is dat die regering en ander organisasies deur middel van die entstof te alle tye van jou doen en late ingelig kan wees. Bill Gtes en 5G-selfoontorings is ook na bewering hier betrokke. Thomas Hope, professor by die Northwestern University Feinberg School of Medicine, sê daardie tipe tegnologie bestaan nie en selfs al sou dit, sou hierdie tjips in die entstowwe van verskillende maatskappye moes voorkom.

Die entstof sal aan jou DNA verander

‘n Video oor aanmerkings wat Bill Gates gemaak het oor die RNA in jou liggaam wat beïnvloed word deur die entstof, is misinterpreteer as dat die entstof aan jou DNA gaan verander. Hope sê hieroor dat DNA en RNA totaal verskillende molekules is.

Die entstof sal jou met Covid-19 besmet

Hierdie teorie is gebaseer op die feit dat baie ander entstowwe, soos dié vir masels en waterpokkies, inderdaad ‘n lewendige, maar verswakte virus bevat om jou liggaam in staat te stel om teenliggaampies vir die siektes te ontwikkel. Emily Landon, dokter by die University of Chicago Medicine, sê die Covid-19-entstof bevat geen weergawe, lewendig of dood, van die Covid-19-virus nie en kan niemand dus daarmee infekteer nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *