Gebruik mondspoelmiddel vir sagte hakke

Jy hoef nie die somer jou hakke in toe skoene weg te steek nie. Almal se hakke raak een of ander tyd droog. Daar is wel maniere om dit glad te hou.

Hou jou voete en toonnaels skoon

Vir voete om mooi te lyk, moet jy eerstens skoon, kortgeknipte toonnaels en voete hê. Jy moet gereeld jou toonnaels knip. Druk die naelfliesie by die agterkant van jou naelbed effens terug. Toonnaels wat geverf is, lyk altyd mooier. Verf jou toonnaels met ’n helder kleur vir die somer.

Week jou voete in mondspoelmiddel

Vul ’n bak waarin jou voete gemaklik pas met lou water sodat jou hele voet met water bedek is. Vir elke drie liter water wat jy gebruik, moet jy ‘n halwe koppie mondspoelmiddel ingooi. Laat jou voete vir 45 min. in hierdie mengsel week. Mondspoelmiddel is gemaak vir jou mond wat sensitiewe vel bevat. Om hierdie rede is dit veilig om op jou voete te gebruik. Party mense voeg selfs asyn en heuning by die water.

Skuur jou voete

Hierdie stap gee die beste resultate wanneer jy klaar jou voete geweek het. Neem ‘n voetskuurder (selfs skuurpapier werk) en skuur jou hakke liggies. Jy sal sien hoe die dooie velletjies van jou hakke afskilfer.

Behandel jou voete

Probeer om elke aand jou voete in te smeer. Neem Vaseline en smeer jou voete nadat jy gebad het, in. Trek dan sokkies aan en probeer om die aand daarmee te slaap. Dit sal jou vel genoeg tyd gee om die Vaseline te absorbeer. Jy kan ook van enige ander room gebruik maak.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *