NOORD-KAAP. – Die polisie het op R160 000 se drank op Douglas beslag gelê. Die ondersoek is gedoen om onwettige drankverkope stop te sit.
In die hof verskyn
Die polisie het ’n man in hegtenis geneem. Volgens OFM het die man ook na bewerings met die etikette van die drank gepeuter.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die beskukdigde sal binnekort in die hof verskyn.



