NOORD-KAAP. – Zamani Saul, die premier, het Maandag nog ambulanse aan die Noord-Kaap se gesondheidsdepartement oorhandig.
Dienslewering
Saul erken sy kantoor het al klagtes oor ambulanse wat lank neem om op te daag, ontvang. Hy sê hierdie nuwe ambulanse kan help om dienslewering regoor die provinsie te bespoedig, veral in meer landelike gebiede.



