Covid-19 in SA: Só lyk die syfers

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrika is steeds op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 5 163 meer geword. Daar is nou 866 127 positiewe gevalle van die virus in die land.

Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 23 451 en 762 746 persone is van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 5 884 227 toetse vir die virus doen.