Spookstorie-reeks: Gebreekte glas

Deel hierdie storie / Share this story

Toe ek ’n tiener was, het my ma een aand wakker geword van ’n harde geluid in die kombuis. Sy het aangeneem dit is ek wat in die kombuis was en ’n glas of iets laat val het.

Die volgende oggend het my pa eerste opgestaan en toe hy in die kombuis kom, was die hele kombuis onder glas. Die vloere, die werksoppervlaktes en selfs die kaste was vol glas.

Hy het die familie geroep en almal het gesê hulle het nie in die nag opgestaan nie. Ons het ondersoek ingestel en kon nie agter kom waar die glas vandaan kom nie.

Die stukke was te dik om ’n glas of ’n bak te wees en geen van ons blompotte was gebreek nie. Dit het gelyk of iemand opsetlik iets in die kombuis stukkend gegooi het. Daar was net te veel glas.

Ek kry vandag nog ’n snaakse gevoel as ek daaraan dink.

Suur jou spookstorie na [email protected].