Eerste minister sterf na hy positief toets

Deel hierdie storie / Share this story

Ambrose Dlamini, die eerste minister van Eswatini, wat vier weke gelede positief vir Covid-19 getoets het, is op die ouderdom van 52 oorlede. 

Die nuus is laat Sondagaand in ‘n verklaring bevestig. Dlamini is op 1 Desember na ‘n hospitaal in in Suid-Afrika oorgeskuif.  In daardie tyd het Themba Masuku, die adjunk-minister, gesê Dlamini is stabiel en reageer goed op die behandeling.

Dlamini het op 16 November aangekondig hy het positief getoets. Hy het aanvanklik gesê hy voel goed en is asimptomaties.

Volg FiND iT hier.