KIMBERLEY. – ’n Groen Nissan Sentra met die registrasienommer BDX 117 NC is vanmiddag omstreeks 13:40 by die North Cape Mall gesteel.
Abie Booysen het eers omstreeks 16:40 agtergekom sy voertuig is gesteel toe hy klaar gewerk het. Hy is tans by die polisiekantoor om die voorval aan te meld.
Indien jy enige inligting rakende die voorval het of die motor sien, skakel asseblief 083 544 2027 of 071 110 4009.



