Suid-Afrika: President stel strenger reëls bekend

Deel hierdie storie / Share this story

President Cyril Ramaphosa het vanaand die nasie toegespreek en strenger maatreëls aangekondig. Dit volg na dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, die week aangekondig het die tweede vlaag van Covid-19 het in Suid-Afrika uitgebreek.

Die land het die afgelope 24 uur 7 999 nuwe Covid-19-infeksies aangeteken.

Hier is die reëls wat nou in plek gestel is:

  • Die Sarah Baartman-distrik en die Tuinroete-distrik is nou as brandpunte verklaar;
  • Alle klante en werkers van winkels, sowel as van openbare vervoer, moet maskers dra en ontsmet;
  • Geen byeenkomste, veral sosiale byeenkomste en partytjies, sowel as kerkbyeenkomste mag deur meer as 100 mense vir binnehuise byeenkomste en 250 vir buitenhuise byeenkomste bygewoon word nie;
  • Geen “after tears”-partytjies mag na begrafnisse gehou word nie;
  • Strande en openbare parke in brandpunte sal vanaf die 16de Desember tot 3 Januarie 2021 gesluit word;
  • Strande en openbare parke in KwaZulu-Natal sal ook op vakansiedae gesluit wees;
  • Parke sal in die Noord-Kaap oop bly van 09:00 tot 18:00;
  • Geen konserte mag gehou word nie;
  • Geen feeste by strande word toegelaat nie;
  • Die aandklokreël is nou vanaf 11:00 tot 04:00;
  • Kroeë en restaurante moet om 22:00 sluit;
  • Wynverkope op wynlandgoedere bly soos dit tans is;
  • Alkohol sal net van 10:00 tot 18:00 van Maandae tot Donderdae verkoop word;
  • Geen alkohol mag in openbare ruimtes gebruik word nie.