370 sover in hegtenis geneem

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – Bheki Cele, minister van polisie, het aangekondig die polisie het altesaam 370 mense vir verskeie oortredings in hegtenis geneem.

Misdaadoperasie

Dit volg nadat Cele by die polisie se misdaadoperasie aangesluit het. Tydens dié operasie, Operation Grip, besoek die polisie tavernes en nagklubs om te sien of hulle aan die Covid-19-regulasies voldoen. 

Cele sê onder andere is 14 vir moord, 14 vir seksuele oortredings, 92 vir aanranding en 80 vir huisbraak en ander oortredings soos ontvoering in gehegtenis geneem.