OOS-KAAP. – ’n Soektog is van stapel gestuur nadat twee gevangenes uit die tronk in Makhanda ontsnap het.
Die gevangenes word as gevaarlik beskou en mense word aangeraai om hulle nie self te nader nie.
Saak word ondersoek
Singabakho Nxumalo, woordvoerder van korrektiewe dienste, sê Luzuko Sabatha (37) en Lonwabo Ngqokwana (36) het ontsnap terwyl hulle tronkstaf vir ontvoering, verkragting, veediefstal en aanranding uitgedien het. Volgens Nxumalo is die polisie besig om die omstandighede van die ontsnapping te ondersoek.



