MPUMALANGA. – ’n Verdagte (37) is weens diefstal van diesel op Ogies in hegtenis geneem.
Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, polisiewoordvoerder, sê daar word beweer Transnet het ‘n daling in die druk op ’n pypleiding ervaar. Die maatskappy het ‘n span ontplooi wat ’n voertuig langs die pypleiding opgemerk het. Hulle het die sekuriteit in kennis gestel.
Beheer verloor en in ‘n sloot beland
Sekgotodi sê met die sekuriteitspan se aankoms het hulle ’n dubbelkajuitbakkie opgemerk. Die bakkie het toe met ‘n hoë spoed weggejaag. Die bestuurder van die bakkie het beheer verloor en in ‘n sloot beland. Volgens Sekgotodi is een verdagte in hegtenis geneem en die ander een het te voet gevlug.
Die verdagte sal Maandag 14 Desember in die Ogies-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT hier.

𝚂𝚝𝚊𝚊𝚗 𝚍𝚒𝚎 𝚔𝚊𝚗𝚜 𝚘𝚖 ’𝚗 𝚗𝚊𝚠𝚎𝚎𝚔 𝚠𝚎𝚐 𝚝𝚎𝚛 𝚠𝚊𝚊𝚛𝚍𝚎 𝚟𝚊𝚗 𝚁𝟷𝟻 𝟶𝟶𝟶 𝚝𝚎 𝚠𝚎𝚗! 𝙳𝚎𝚎𝚕 𝚓𝚘𝚞 𝚜𝚝𝚘𝚛𝚒𝚎𝚜 𝚖𝚎𝚝 𝚘𝚗𝚜. 𝚂𝚝𝚞𝚞𝚛 𝚓𝚘𝚞 𝚔𝚘𝚛𝚝 𝚊𝚛𝚝𝚒𝚔𝚎𝚕 𝚘𝚏 𝚏𝚘𝚝𝚘 𝚊𝚊𝚗 𝚋𝚎𝚊𝚓𝚘𝚞𝚛𝚗𝚘@𝚏𝚒𝚗𝚍-𝚒𝚝.𝚌𝚘.𝚣𝚊 𝚘𝚖 𝚒𝚗 𝚝𝚎 𝚜𝚔𝚛𝚢𝚏. 𝙰𝚕𝚕𝚎 𝚜𝚝𝚘𝚛𝚒𝚎𝚜 𝚠𝚊𝚝 𝚒𝚗 𝙳𝚎𝚜𝚎𝚖𝚋𝚎𝚛 𝟸𝟶𝟸𝟶 𝚐𝚎𝚙𝚞𝚋𝚕𝚒𝚜𝚎𝚎𝚛 𝚠𝚘𝚛𝚍, 𝚠𝚘𝚛𝚍 𝚘𝚘𝚛𝚠𝚎𝚎𝚐 𝚟𝚒𝚛 𝚍𝚒𝚎 𝚠𝚎𝚗𝚙𝚛𝚢𝚜.
𝚅𝚒𝚛 𝚖𝚎𝚎𝚛 𝚒𝚗𝚕𝚒𝚐𝚝𝚒𝚗𝚐, 𝚕𝚎𝚎𝚜 𝚍𝚒𝚎 𝚟𝚘𝚕𝚕𝚎𝚍𝚒𝚐𝚎 𝚔𝚘𝚖𝚙𝚎𝚝𝚒𝚜𝚒𝚎-𝚛𝚎ë𝚕𝚜 𝚑𝚒𝚎𝚛.



