Die impak van ๐’ˆ๐’‚๐’Ž๐’Š๐’๐’ˆ op verhoudings

Deel hierdie storie / Share this story

Om met โ€™n gamer getroud te wees of uit te gaan, is โ€™n ander storie. “Jy verander nie โ€™n gamer nie. Jy pas aan by hom, want hy verander sy speelpatrone vir jou.”

Sรณ sรช Lisa Ferreira, oor haar huwelik met haar man, Julian. Hulle is al vyf jaar getroud en sy sรช sy het hom as โ€™n gamer ontmoet.

Volgens Ferreira is haar man โ€™n uitstekende pappa vir hul drie dogters, waarvan die jongste vier maande oud is. โ€œHy sorg eers dat ek en die sussies reg is voordat hy gaan games speel, so vir my is dit lekker is om hom te los dat hy ook bietjie kan afskakel deur games te speel โ€œ

Verder vertel Ferreira dat haar man lang ure werk en die games help hom om te ontspan en van sy frustrasies ontslae te raak.ย 

“Soms wil hy games speel en dan wil ek tyd saam met hom spandeer. Ek sal ingee, want ek weet dat hy my nie opsy skuif vir sy games nie, maar dit nodig het vir sy eie gemoedsrusโ€

Tog altyd beskikbaar

Ferreira sรช dat sy verkies haar man by die huis voor die televisie as wat hy in โ€™n kroeg sit sonder haar.ย โ€œHy is heeldag saam met my en die kinders in die huis en wanneer ons hom nodig het, dan is hy altyd beskikbaar.โ€

Plaas verhoudings onder druk

โ€™n Aanlyn webtuiste, Gaming, verduidelik die rede hoekom verhoudings , waarin een van die partye game, nie altyd uitwerk nie. Die artikel sรช dat dit nie gaan oor die feit dat die persoon game nie, maar oor die hoeveelheid geld en tyd wat hul aan die game spandeer. โ€™n Studie toon dat 73% van die keer is dit die man wat die gamer in die verhouding is. In 75% van daai verhoudings sรช die vrouens hul wens hul mans kan net minder tyd aan games spandeer. In โ€™n verhouding waar tyd gebalanseer word en prioriteite nagekom word, is dit wel moontlik om al twee partye gelukkig te hou.

Is jy getroud met โ€™n gamer? Hoe voel jy daaroor? Of was jy al in so โ€™n verhouding en toe werk dit nie uit nie? Ons hoor graag van jou. Stuur vir ons โ€™n e-pos aan [email protected].