Ons almal weet waarvoor ons ’n kettingsaag kan gebruik, maar kan jy raai hoekom dit in die eerste plek ontwerp is?
Volgens Living en Loving is dit een van die top vrae wat gegoogle was vir 2020. Die antwoord is: om te help met geboorte. Later van tyd ook vir amputasies van bene en arms.
In die 1780’s het twee dokters ’n kleiner weergawe van ’n kettingsaag ontwerp, wat hul gehelp het met ’n prosedure genaamd symphysiotomy. Die kettingsaag was gebruik om dele van been en kraakbeen te verwyder in ’n vrou se pelvis wanneer ’n baba vassit.
Die ou ontwerp van die kettingsaag was aansienlik kleiner en het met ’n handslinger gewerk. Nadat mense agtergekom het hoë maklik die kettingsaag deur hardegoed sny, het hul dit groter gemaak en begin gebruik op hout.

𝚂𝚝𝚊𝚊𝚗 𝚍𝚒𝚎 𝚔𝚊𝚗𝚜 𝚘𝚖 ’𝚗 𝚗𝚊𝚠𝚎𝚎𝚔 𝚠𝚎𝚐 𝚝𝚎𝚛 𝚠𝚊𝚊𝚛𝚍𝚎 𝚟𝚊𝚗 𝚁𝟷𝟻 𝟶𝟶𝟶 𝚝𝚎 𝚠𝚎𝚗! 𝙳𝚎𝚎𝚕 𝚓𝚘𝚞 𝚜𝚝𝚘𝚛𝚒𝚎𝚜 𝚖𝚎𝚝 𝚘𝚗𝚜. 𝚂𝚝𝚞𝚞𝚛 𝚓𝚘𝚞 𝚔𝚘𝚛𝚝 𝚊𝚛𝚝𝚒𝚔𝚎𝚕 𝚘𝚏 𝚏𝚘𝚝𝚘 𝚊𝚊𝚗 𝚋𝚎𝚊𝚓𝚘𝚞𝚛𝚗𝚘@𝚏𝚒𝚗𝚍-𝚒𝚝.𝚌𝚘.𝚣𝚊 𝚘𝚖 𝚒𝚗 𝚝𝚎 𝚜𝚔𝚛𝚢𝚏. 𝙰𝚕𝚕𝚎 𝚜𝚝𝚘𝚛𝚒𝚎𝚜 𝚠𝚊𝚝 𝚒𝚗 𝙳𝚎𝚜𝚎𝚖𝚋𝚎𝚛 𝟸𝟶𝟸𝟶 𝚐𝚎𝚙𝚞𝚋𝚕𝚒𝚜𝚎𝚎𝚛 𝚠𝚘𝚛𝚍, 𝚠𝚘𝚛𝚍 𝚘𝚘𝚛𝚠𝚎𝚎𝚐 𝚟𝚒𝚛 𝚍𝚒𝚎 𝚠𝚎𝚗𝚙𝚛𝚢𝚜.
𝚅𝚒𝚛 𝚖𝚎𝚎𝚛 𝚒𝚗𝚕𝚒𝚐𝚝𝚒𝚗𝚐, 𝚕𝚎𝚎𝚜 𝚍𝚒𝚎 𝚟𝚘𝚕𝚕𝚎𝚍𝚒𝚐𝚎 𝚔𝚘𝚖𝚙𝚎𝚝𝚒𝚜𝚒𝚎-𝚛𝚎ë𝚕𝚜 𝚑𝚒𝚎𝚛.



