Man kritiek na botsing

ERMELO. – ’n Man het kritieke beserings opgedoen tydens ’n botsing vanoggend tussen twee voertuie op die N2, ongeveer 35 km van Ermelo.

Toe ER24-paramedici kort na 09:30 op die toneel aankom, het hulle ’n bakkie op die gras en ’n bakkie in die geel baan gekry.

By verdere ondersoek het paramedici die bestuurder van die bakkie, wat in die bakkie vasgekeer en in ’n kritieke toestand was, gevind. Die brandweer moes die man met behulp van reddingskake uithaal. Paramedici het met die man na die naaste hospitaal gejaag vir verdere mediese sorg. Die insittendes in die tweede bakkie is nie beseer nie.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *