Man en vrou dae voor huweliksherdenking geskiet

DURBAN. – Sagie and Salosh Naidoo is na bewering dae voor hulle 41ste huweliksherdenking tydens ’n gewapende rooftog geskiet.

Sagie 63, ’n voormalige polisieman, is in die regterbeen geskiet. Sy been moes geamputeer word as gevolg van oormatige bloeding. Hy is tans in ’n stabiele toestand in die hospitaal. Salosh (62), sy vrou, is na bewering in die gesig geslaan en in die linkerarm geskiet. Sy het senuweeskade opgedoen en kan nie haar arm gebruik nie. Sy is in die hospitaal vir toetse.

Aan haar arm gegryp en haar geslaan

IOL berig Salosh sê drie verdagtes het oor die heining gespring. Hulle berig verder die egpaar se kleinkinders was ook tydens die voorval tuis. Een van die mans het Salosh glo aan haar arm gegryp en haar geslaan. Volgens haar het haar man toe met ‘n wapen die vertrek binnegekom, maar die aanvallers het hom oorrompel.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê klagtes van huisroof en poging tot moord word deur die polisie in Newlands ondersoek.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: