Stefan Smit-moord: Een van drie verdagtes kom weg

Deel hierdie storie / Share this story

STELLENBOSCH – Twee verdagtes sal Vrydag in die Stellenbosch-landdroshof verskyn vir die moord op Stefan Smit (62) na hulle Donderdagoggend vroeg in hegtenis geneem is.  

Kol. André Traut, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, sê die twee mans is in hegtenis geneem na die polisie lasbriewe vir hulle inhegtenisneming uitgereik het. Die polisie is nou ook op soek na ’n 54-jarige vrou wat die polisie tydens die inhegtenisnemings ontduik het.

Die polisie se ondersoek in die saak het hulle tot by die drie verdagtes gelei.

Smit is in 2019 voor sy vrou en ‘n familievriend op sy plaas vermoor na vier mans by sy plaashuis ingebreek het.