DURBAN. – Nonkululeko Makhathini (19) het haar baas in Pietermaritzburg beroof en doodgemaak omdat sy geld vir kos nodig gehad het.
Makhathini het in die Pietermaritzburg-hooggeregshof skuldig gepleit. Sy het in die hof vertel sy het aan haar twee vriendinne gesê daar is nie kos in die huis is nie. Dit is toe sy hulle van haar plan om haar baas te beroof, vertel.
Hy het iets vermoed
Die drie vriendinne het na die winkel gegaan. Met hulle aankoms was die winkel gesluit, maar haar baas het haar by die winkel ingelaat. Sy vertel sy het vir haar vriendinne, wat buite gewag het, ’n boodskap gestuur om te sê sy gaan die sleutel van die deur soek en vir hulle oopsluit. Sy het na die sleutel gesoek en dit gevat. Haar baas het die sleutel by haar gesien en iets vermoed. Hy het haar na ’n woordewisseling gestoot en sy het op die grond geval.
In die gesig, nek en maag gesteek
Dit is toe dat sy ’n mes sien en hom in die gesig, nek en maag gesteek het. Sy het R1 400 in kontant, sigarette en selfoonkoopbewyse gevat. Makhathini het deur die winkel se ruit geklim en na haar huis toe gehardloop. Sy is die volgende dag by haar huis in hegtenis geneem.
Makhathini is 20 jaar tronkstraf opgelê.
Volg FiND iT hier.



