British Airways hervat binnelandse vlugte in Suid-Afrika

Deel hierdie storie / Share this story

Comair het British Airways se binnelandse dienste weer hervat en bied nou ’n keuse uit meer vlugte.

British Airways sal al die binnelandse roetes bedien wat hy voor die inperking gedoen het – met die uitsondering van Port Elizabeth na Durban, wat vroeg volgende jaar weer hervat sal word.

Die hervatting van Comair se vlugte sal deur ’n nuwe uitvoerende hoof gelei word nadat die huidige baas, Wrenelle Stander, Maandag met onmiddellike effek uit haar pos bedank het.

Die lugdiensgroep het die aanstelling van Glenn Orsmond as nuwe uitvoerende hoof en die aanstelling van Kirsten King as finansiële hoof aangekondig.