Nikita (14) na meer as ‘n week weer by die huis

Deel hierdie storie / Share this story

SPRINGS – Die 14-jarige Nikita Lottering wat op 30 November vermis geraak het, is gevind en weer veilig by die huis.

Jan Germishuizen, Nikita se stiefpa, sê sy is ongedeerd by die huis. Hulle het haar Dinsdagaand in Pretoria opgespoor. “Sy het nie een snymerkie aan haar lyf nie. Ons wil nie nou enige druk op haar sit nie. Dinge gaan maar rof hier.”

Germishuizen sê die familie sal later van tyd meer inligting aan FiND iT bekendmaak.