April 19, 2021

Meisie (16) weer 10 Desember in hof vir mensehandel

Die 16-jarige wat op aanklag van mensehandel in die hof verskyn het, bly nou in aanhouding in die Vrystaat.

Christopher Singo, provinsiale woordvoerder van die Valke, sê die meisie sal weer op 10 Desember in die kinderhof verskyn na die saak vir verdere ondersoek uitgestel is.

Die meisie, ‘n leerling van Intermediêre Skool Mafube, is in hegtenis geneem na twee van haar mede-leerlinge by ‘n taverne in Sasolburg gekry is. Dié twee was vir ten minste 11 dae vermis.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê die voorlopige ondersoek dui daarop dat die meisies van hulle huise af gelok is en deur buitelanders vir prostitusie gebruik is.

Hulle skooluniforms is in ‘n asdrom buite een van die meisies se huise gekry.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: