Noord-Kaap
Miskolle in die oggend langs die kusgebied, andersins sonnig en koel tot warm.
Kimberley: 15°C tot 32°C
Vrystaat
Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie wat meer verspreid in die oostelike dele sal voorkom.
Bloemfontein: 11°C tot 28°C
Gauteng
Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met enkele donderbuie later die dag.
Pretoria: 16°C tot 26°C
Limpopo
Gedeeltelik bewolk en warm. Baie warm in die suidweste.
Polokwane: 13°C tot 27°C
Mpumalanga
Gedeeltelik bewolk en koel tot warm. Baie warm in die Laeveld met enkele donderbuie in die suidelike Hoëveld.
Mbombela: 17°C tot 27°C
Oos-Kaap
In die westelike dele sal dit koel wees langs die kusgebied met enkele buie in die oggend en later die dag, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie.
In die oostelike dele sal dit gedeeltelik bewolk em warm wees met enkele donderbuie.
Port Elizabeth: 17°C tot 23°C
Wes-Kaap
Miskolle in die oggend langs die weskus, andersins gedeeltelik bewolk en warm. Bewolk en koel en warm langs die suidkus.
George: 16°C tot 22°C
KwaZulu-Natal
Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie later die dag.
Durban: 21°C tot 30°C
Noordwes
Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie wat meer verspreid in die oostelike dele sal voorkom.
Vryburg: 15°C tot 32°C



