Vinnigste vlieënier sterf

Foto: CNN

Chuck Yeager (97), die eerste mens wat vinniger as die spoed van klank gevlieg het, is vanoggend oorlede.

Yeager het die klankgrens in Oktober 1947 gebreek toe hy met die X-1 as toetsvlieënier gevlieg het. Sy tweede vrou, Victoria, het die nuus van Yeager se dood sy Twitter-profile gedeel. Ander nuusplatforms soos The New York News het ook oor sy afsterwe getwiet.

Tot komplikasies gelei

’n Vriend van Yeager het aan CNN gesê Yeager het die afgelope paar jaar fisieke uitdagings ondervind. Hy sê Yeager het ’n ruk gelede geval wat as gevolg van sy ouderdom tot komplikasies en ander probleme gelei het.

Yeager is in 1923 gebore en het in Wes-Virginia grootgeword. Hy het in 1941 op die ouderdom van 18 jaar by die lugmag aangesluit.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *