KWAZULU-NATAL. – Dertien mense is beseer in ’n ongeluk reg van voor tussen ‘n VW Polo en ’n minibustaxi in New Glasgowweg, Hazelmere.
Probeer groot slaggat vermy
Volgens die bestuurder van die VW Polo het hy na die aankomende verkeer se kant toe uitgeswaai in ’n poging om ‘n groot slaggat te vermy toe hy reg van voor teen die taxi, wat in die teenoorgestelde rigting gery het, gebots het. Volgens ArriveAlive is 13 mense tydens die ongeluk beseer. Die 13 beseerdes sluit die twee insittendes van die Polo en 11 van die minibustaxi in.
Volg FiND iT hier.



