April 19, 2021

1 300 keer ’n heldin in rondloperhonde se oë

Foto: Canva

CHINA. – ’n Vrou (68) wat ongeveer 20 jaar gelede vir die eerste keer ’n rondloperhond van die straat af gered het, voorsien tot op hede 1 300 honde van ’n tuiste.

Die handel in hondevleis

Wen Junhong het aan Channel News Asia gesê sy word gedryf deur bekommernis oor die diere wat in die strate van China ronddwaal. Sy is veral bekommerd oor honde wat vir die handel in hondevleis gebruik word.

“Die aarde is nie net vir mense bedoel nie, maar ook vir alle diere,” vertel Junhong in die berig.

Op haar voorstoep gelos

Die eienaarskap van honde is vroeër die jaar as ’n “burgerlike tydverdryf” beskryf en dit word verbied. Om dié rede is daar glo ’n styging in die aantal rondloperhonde. Meeste van die honde is glo ook nie gesteriliseer nie.

Verder word berig daar word daagliks honde op Junhong se voorstoep gelos. Ander kere kry sy oproepe van mense oor honde wat sy moet gaan red. Omdat sy lief is vir diere leef sy saam met 100 katte, vier perde, hase en voëls.

Haar dag begin om 04:00

Sy sê haar dag begin om 04:00 wanneer sy die hokke begin skoonmaak en 500 kg rys, vleis en groente vir die diere kook. Sy bly in ’n dubbelverdiepinghuis saam met al 1 300 honde. Party hardloop vrylik rond, terwyl ander in hokke is. Sy het tans ses personeellede wat haar met die daaglikse take help.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: