Drieling nommer drie na 11 jaar gebore

Klein Ryleigh Shepherd is dieselfde jaar as haar 11-jarige tweelingsusters verwek, maar sy is eers meer as ’n dekade later gebore.

Drie meisies van Walsall, UK is in twee verskillende eeue gebore, maar in werklikheid is hulle ’n genetiese drieling danksy in vitro-bevrugting.

Ryleigh se ouers, Lisa en Adrian, het reeds ’n tweeling, Megan en Bethany, uit dieselfde embrio’s wat haar lewe gegee het.

Volgens kenners is daar geen ander bekende geval in die Verenigde State waarin drie susters van dieselfde vrugbaarheidsbehandeling gebore is met so ’n groot ouderdomsgaping nie.

Die geval met die langste tydsverloop tussen bevriesing en bevrugting is’n vrou van Tennessee wie se embrio 27 jaar geberg is.

Hoe lank ’n embrio gevries kan bly en steeds lewensvatbaar kan wees, is tans nog onbekend, maar Amerikaanse vrugbaarheidskenners is vol vertroue oor die sukses van nuwe voortplantingstegnieke.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *