April 19, 2021

Covid-19-pasiënte dood na suurstoftekort

Foto: BBC

PAKISTAN. – Ongeveer ses pasiënte van ’n hospitaal in Peshawar is dood nadat die hospitaal se suurstofvoorraad opgeraak het. Sewe beamptes van die hospitaal is intussen geskors.

Daaglikse suurstofvoorraad

BBC berig meer as 200 pasiënte het vir ure lank verminderde suurstof gehad en familielede het hospitaalpersoneel gesmeek vir hulp. Die land ondervind tans ’n tweede vlaag van Covid-19-gevalle. Dié hospitaal se daaglikse suurstofvoorraad het Saterdagmiddag opgeraak en daar moes van ondersteuningsvoorraad gebruik gemaak word. Die voorraad kon nie al die pasiënte van suurstof voorsien nie.

Nie tydens die voorval teenwoordig nie

Sondagoggend het die verwagte suurstofvoorraad by die hospitaal aangekom. Die BBC berig in ’n ondersoek is bevind personeel wat by die hospitaal se suurstofafdeling aan diens was, was nie tydens die voorval teenwoordig nie. Die suurstoftenk op die perseel word ook gewoonlik net gedeeltelik gevul.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: