Dawn Lindberg (75), ’n legende in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf en die stigter van die Naledi-toekennings, is Maandagaand aan Covid-19-verwante komplikasies dood.
“Ons medelye gaan uit na die vriende en familie van die stigter en hoof uitvoerende beampte van die Naledi-toekennings. ’n Ware legende in die vermaaklikheidsbedryf in Suid-Afrika,” lui die regering se plasing op Twitter.
Verdere medelye stroom ook in op sosiale media.



