April 18, 2021

Boer wat tydens plaasbrand verbrand, uit hospitaal ontslaan

HERTZOGVILLE. – Tewie Nel (28) wat ernstige brandwonde tydens ’n plaasbrand opgedoen het, is vandag uit die hospitaal ontslaan.

’n Familielid het vanoggend dié nuus bevestig. “Sover het alles goed afgeloop. Daar is nog ’n lang pad wat voorlê, maar die ergste is agter die rug.”

Dapperste seun ooit

Boodskappe van blydskap stroom in op sosiale media na die nuus bekend gemaak is. “Die dapperste seun ooit. Jy het jou lewe op die spel geplaas met die brande in die Vrystaat. Jy was 50 dae in die hospitaal. Nou is jy uiteindelik huis toe. Wat ’n awesome God dien ons…” lui een inskrywing op Facebook.

In die hoësorgeenheid

Nel is op 20 Oktober in die hoësorgeenheid van Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein opgeneem. Nel het probeer om ’n brand in die Hertzogville-area onder beheer te kry. Nel het ’n maand gelede ’n terugslag gehad. Hy het ’n hartstilstand gehad en moes aan ’n ventilator gekoppel word.

Volg FiND iT hier.

1 thought on “Boer wat tydens plaasbrand verbrand, uit hospitaal ontslaan

  1. Ons het so baie Tewies nodig vandag en vooretoe.
    Baie, baie dankie o Heer vir Tewie se herstel en vasbyt tot dusver. Ons glo en vertrou dat U hom verder sal dra tot sy volkome herstel. Alle mag is in U hande en U my Heer kan niks verkeerd doen nie, daarom, nie my wil nie maar U wil geskied, ek loof U heilige naam. Weereens baie dankie. 🙏

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: