BRACKENFELL. – Die Wes-Kaapse departement van onderwys het geen bewyse van rassisme by Hoërskool Brackenfell se matriekfunksie gevind nie.
Debbie Schafer, LUR van onderwys, sê die voorlopige verslag waarin die departement die skool vry van rassisme verklaar, sal binnekort vrygestel word.
Privaat funksie
Schafer sê alles dui daarop dat dit ’n privaat funksie was wat deur individue gereël was. Die funksie was gereël omdat die skool aangekondig het hulle gaan nie ’n formele matriekafskeid hou nie. Sy sê tot vandag is daar geen bewyse van diskriminasie op grond van ras gevind nie.
Kinders van kleur
Die skool was vir weke in die kollig na ’n privaat funksie deur ouers gereël is waarheen kinders van kleur glo nie genooi was nie. EFF-lede het verskeie betogings voor die skool en in die dorp gehou na die bewerings van rassisme.
Volg FiND iT hier.



