Covid-19 in SA: Só lyk die syfers nou

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrika is steeds op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 4 645 meer geword. Daar is nou 810 449 positiewe gevalle van die virus in die land.

Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 22 067 en 744 298 persone is van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 5 565 928 toetse vir die virus doen.