Ses mense beseer tydens ontploffing by olieraffinadery

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – Ses mense word tans vir beserings behandel nadat ’n deel van die Engen-olieraffinadery vanoggend om 07:00 in Taraweg ontplof het.

As ’n vibrasie beskryf

Groot dele van Durban het die ontploffing as ’n vibrasie beskryf. Ander kon die rook en vlamme van hulle huise af sien. Garrith Jamieson, ’n gevorderde lewensondersteunende paramedikus, het aan IOL gesê hulle het verskeie oproepe gekry van mense wat die ontploffing gerapporteer het. Volgens Jamieson is die beseerde mense uit die kompleks verwyder en na ’n hospitaal vir verdere behandeling geneem.

Ligte tot matige beserings

Die beserings wissel van ligte tot matige beserings. Jamieson raai mense aan om die area vir eers te vermy. Die vlamme is nog nie geblus nie.

Volg FiND iT hier.