April 21, 2021

Eerste openlike gay WWE-superster sterf

Foto: Bleacher Report

Pat Patterson, WWE-superster en die eerste openlike gay rofstoeier, het op die ouderdom van 79 sy stryd teen kanker verloor.

Volgens WWE.com is Patterson Dinsdag in ’n hospitaal in Miami oorlede.

Hy het sy loopbaan as rofstoeier in 1958 begin en hy was die eerste Intercontinental-kampioen. Hy is ook die baasbrein agter die Royal Rumble-stryd.

Hy het ook in 2019 die oudste persoon in die geskiedenis geword om ’n WWE-titel te wen toe hy as die 24/7-kampioen gekroon is.

Sy nalatenskap word vervat in sy outobiografie getiteld Accepted: How the First Gay Superstar Changed WWE.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: