Mans oorval glo meisies by Bloemfontein-skool

Foto: Canva
BLOEMFONTEIN. – Vier gewapende mans het glo Donderdag by die Sekondêre Skool Grassland ingebreek waar matrieks as deel van ’n voorbereidingsprogram vir die eksamen geslaap het.
Met vuurwapens gedreig
Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse Onderwysdepartement, het sy ontevredenheid oor die voorval uitgespreek. Ndaba sê vier gewapende rowers het na bewering die vertrek waar meisies van die Sekondêre Skool Kgorathuto geslaap het, binnegedring. Volgens Ndaba het die voorval in die oggendure plaasgevind. Die verdagtes het glo die matriekmeisies met vuurwapens gedreig en hulle van selfone en ander waardevolle items beroof.
Volg FiND iT hier.