KWAZULU-NATAL. – Een man is dood nadat ’n motor en ’n vragmotor op die N3 naby Shongweni, Durban, in ’n ongeluk betrokke was.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die insittende van die bakkie het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die vragmotorbestuurder het geen beserings opgedoen nie.
Volg FiND iT hier.






