April 19, 2021

Tiener kry aborsie na sy glo talle verkrag is

JOHANNESBURG. – ’n Meisie (14) wat glo verskeie kere deur ’n huurder, wat agter in hulle erf gehuur het, verkrag is, het ’n aborsie gehad.

Die meisie se ma het na bewering eers ’n week voor haar aborsie uitgevind dat haar dogter al vir agt maande deur die huurder verkrag word. EWN berig die meisie het ook nie vooraf geweet sy is swanger nie.

Mond toegedruk en verkrag

Die ma van die kind het aan EWN gesê hy sou die kind iets by die huis kom vra waarna hy toegang tot die huis verkry het. Sy sê sodra hy in die huis was, het hy haar mond toegedruk en verkrag. Volgens die ma het hy ook al die meisie met die dood gedreig.

Die polisie in Mamelodi het ‘n verkragtingsaak geopen, maar die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: