President Cyril Ramaphosa sal vanaand om 20:00 die land toespreek oor die regering se reaksie op die Covid-19-pandemie.
Die kabinet en die koronavirusraad het vandeesweek vergader oor die skielike styging in die aantal infeksies in sommige van die Covid-19-brandpunte in die land.
’n Aangepaste aandklokreël, beperkinge op alkoholverkope in sekere areas en beperkte handelsure vir kroeë en restaurante is moontlik weer op hande.



