President Cyril Ramaphosa sal Donderdagaand die nasie toespreek.
Volgens eNCA sal Ramaphosa nuwe strenger maatreëls vir sekere Covid-19-brandpunte aankondig.
Dit volg na meer as 4 000 nuwe Covid-19-gevalle in die laaste 24 uur aangeteken is. Suid-Afrika het die hoogste syfer infeksies op die vasteland en beklee die 16de posisie op die lys van infeksies wêreldwyd.



