Wes-Kaap: Inwoners bekommerd oor moontlike inperking

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Premier Alan Winde sê die provinsie moet alles moontlik doen om te verseker die tydelike infeksiekoers word gestuit en verhoed dat ’n inperking weer as oplossing gebruik word.

Brandpunte

Winde se mening oor ’n moontlike inperking is dat dit nie die ekonomie goed sal doen nie. Hy sê dit gaan weer werksverliese tot gevolg hê. Hy voel president Ramaphosa moet meer mag aan provinsiale regerings gee om self in te gryp om hoë infeksies in brandpunte stop te sit. Winde glo dat al wat nou gedoen kan word, is om die ekonomie sover as moontlik oop te stel, maar nog steeds die gesondheidstelsel te beskerm en die verspreiding van die virus te keer.

Positiewe gevalle

Volgens dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, is daar tot dusver 132 865 positiewe Covid-19-gevalle in die Wes-Kaap. Dit maak 16,8% uit van die totale gevalle.

Volg FiND iT hier.