DUITSLAND. – Vyf mense is dood toe ’n motor na bewering doelbewus in ‘n skare in die stad Trier, Duitsland, ingejaag het. ’n Nege maande oue baba is onder een van die vyf slagoffers.
In hegtenis geneem
Minstens 15 ander mense is tydens die voorval beseer. ’n Verdagte (51) is dieselfde dag in hegtenis geneem en die polisie het op die voertuig beslag gelê. ’n Ooggetuie het aan Reuters gesê die mense het paniekerig geskree terwyl van hulle deur die motor getref is.
Onder die invloed van drank
Peter Fritzen, die staatsaanklaer, sê die verdagte was onder die invloed van drank en terreur word nie vermoed nie. Volgens Wolfram Leibe, die stad se burgemeester, ly die verdagte vermoedelik aan ’n geestesversteuring. Hy sal deeglik geëvalueer word.
Volg FiND iT hier.



