Die weer in jou streek vandag

Deel hierdie storie / Share this story

Noord-Kaap

In die oggend sal dit gedeeltelik bewolk in die suide wees, andersins sonnig en warm tot baie warm.

Kimberley: 12°C tot 31°C

Vrystaat

Sonnig en warm, maar gedeeltelik bewolk oor die oostelike dele met enkele buie en donderbuie.

Bloemfontein: 9°C tot 29°C

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie.

Pretoria: 16°C tot 29°C

Limpopo

Bewolk in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm.

Polokwane: 18°C tot 23°C

Mpumalanga

Bewolk in die ooste met miskolle langs die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en koel met enkele buie in die namiddag.

Mbombela: 19°C tot 21°C

Oos-Kaap

Bewolk en koel, met ligte buie op plekke. In die binneland sal dit in die namiddag sonnig word.

Port Elizabeth: 14°C tot 21°C

Wes-Kaap

Bewolk tot gedeeltelik bewolk en koel, maar warm in die noordoostelike en noordwestelike dele. Dit word die namiddag sonnig in die noorde.

George: 14°C tot 20°C

KwaZulu-Natal

Warm in die noordweste, andersins bewolk en koel met enkele buie en donderbuie.

Durban: 19°C tot 22°C

Noordwes

Sonnig en warm tot baie warm, maar word gedeeltelik bewolk in die verre ooste met enkele duie.

Vryburg: 15°C tot 33°C