Pa in hegtenis na kleuter met spyker deur kop gevind is

DURBAN. – Themba Majozi (36) is in hegtenis geneem en het vandag op ’n klag van moord in die Estcourt-landdroshof verskyn nadat sy kind (3) met ’n spyker deur sy skedel gevind is.

Aangekla van moord

Natasha Kara-Ramkisson , woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê Majozi is aangekla van moord en die besit van menslike weefsel. Die saak is uitgestel tot môre sodat die verdagte ’n voorlopige sielkundige waarneming kan ondergaan.

Liggaam in die bos gevind

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê daar word beweer die kleuter was saam met die ouma by die huis toe ’n man wat bekend is aan die familie die kleuter kom haal. Gwala sê die volgende dag toe die ouma by die huis kom, was die kind nie tuis nie. Die man is ondervra, maar het glo hardhandig geword. Volgens Gwala het die familie na die kleuter gaan soek en het toe sy liggaam in ’n bos gevind.

Die kleuter se oë en geslagsdele is ook verwyder. Lees die vorige artikel hier.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *