Een van die gesamentlike wenners van die PowerBall Plus van R19 miljoen het gesê hy gaan sy huis wat hy begin bou het klaarmaak en dan met die liefde van sy lewe trou.
Kaartje gekoop
Hy sê hy kan nie wag om die ma van sy kinders te bederf nie. Hy het sy kaartjie vir R22,50 op die Lotto app gekoop. Die tweede wenner, met wie hy die prys deel, het die kaartjie by Top Taste Foods in Mafikeng, Noordwes gekoop.
Boerpot-wenner
Lotto het ook bevestig hulle wag vir die wenner van die R53 miljoen Lotto-boerpot om na vore te kom. Die wenner het die kaartjie op die FNB-app vir R40 gekoop.
Volg FiND iT hier.



